!["Dit sal demokrasie ondermyn"](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-170-150x150.png)
Media Monitoring Africa sê die moontlike regulering van sosiale media deur die regering, sal demokrasie in die land ondermyn.
Die minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo, het gister gesê die regering oorweeg dit om sosiale media te reguleer in die lig van toenemende vals en onverantwoordelike inligting wat op sosiale mediaplatforms geplaas word.
Die direkteur van Media Monitoring Africa, William Bird, sê die regering se plan is verontrustend.
The post “Dit sal demokrasie ondermyn” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.