![Paaie in Noordwes gesluit weens oorstromings](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-57-150x150.png)
Talle paaie in Noordwes is nog weens oorstromings gesluit, onder meer die
R507-pad tussen Ottosdal en Delareyville en die N12 tussen Klerksdorp en
Wolmaranstad.
Die swaar reën gaan na verwagting in groot dele van die land voortduur.
Dit sluit egter nie die Noord-, Oos- en Wes-kaap in nie.
`n Woordvoerder van Openbare Veiligheid en Vervoer in Noordwes, Rebaone Moeng, sê die pad tussen Orkney en Leeudoringstad, die pad tussen Boshoek, Lindleyspoort en Phela en die N14 tussen Vryburg en Kuruman is ook nog gesluit.
The post Paaie in Noordwes gesluit weens oorstromings appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.