![Beplande protesoptog teen immigrante veroordeel](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-43-150x150.png)
Die instituut vir geregtigheid en versoening het Vrydag se beplande protesoptog teen immigrante, asook die onlangse voorvalle van xenophobia -of vreemdelingehaat- in swart woonbuurtes in en om Pretoria veroordeel.
Hulle het ‘n beroep op gemeenskapsleiers en staatsamptenare gedoen om nie opruiende taalgebruik te gebruik wat die situasie verder kan laat opvlam nie.
Die Nigeriese regering het reeds by die Afrika Unie gekla oor die behandeling van sy burgers in Suid-Afrika wat van dwelmhandel en prostitusie beskuldig word.
The post Beplande protesoptog teen immigrante veroordeel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.