Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

DOEN DIE LEWE: Manipulasie en kortpaaie

$
0
0
Rosestad 100.6 Doen die Lewe Manipulasie

In elkeen van ons se lewens is daar mense wat ons kan help of verhinder om ons doelwitte te bereik. Die geheim is om hierdie mense as ’n span in jou lewe te bou deur die regte verhoudings te koester.

Die kortpad is om hulle te manipuleer om te doen wat jy wil.

Wanneer ons van manipulasie praat, dan is dit ’n tipe gedrag waarin ek iemand anders op ’n indirekte wyse wil beïnvloed om te doen wat ek wil hê hulle moet doen.

‘Wanneer ek iets uit iemand manipuleer, erodeer ek die verhouding’

So sal ek iemand laat skuldig voel sodat hulle vanuit daardie skuldgevoelens iets vir my sal doen.

“Die Bybel sê jy moet ander mense help, nou sukkel ek so om winkel toe te gaan.”

Of ’n ander manier van manipuleer is mense wat maklik kwaad word. Later spring almal rondom hulle om alles vir hulle te doen sodat hulle net nie moet kwaad word nie.

’n Laaste manier van manipuleer is om klein gevolge groot te maak deur die verhouding op die spel te plaas.

Manipulasie is om op die korttermyn iets te wen, maar op die langtermyn te verloor.

“As jy dit nie doen nie, weet ek jy is nie lief vir my nie!”

Dit is hier waar mense deur vrees en intimidasie beheer word.

Mense word nie altyd gemanipuleer nie!

Onthou, wanneer ek iets uit iemand manipuleer, erodeer ek die verhouding en sal daar ’n punt kom waar die verhouding so versleg dat die persoon ook nie meer manipuleerbaar is nie.

Manipulasie is om op die korttermyn iets te wen, maar op die langtermyn te verloor.

Hoe hanteer ’n mens dit?Rosestad 100.6 Manipulasie Coach Chris

 

Sien dit raak. In jou eie gedrag en in die gedrag van mense rondom jou.

Maak aanpassings.

Waar jy sien dat jy die een is wat manipuleer, vervang dit met gedrag wat eerder die verhouding op die langtermyn verstewig. Dit beteken dat jy sal aanvaar dat mense van tyd tot tyd vir jou nee sê.

Hierdeur toon jy respek vir hulle menswees en verstewig jy die verhouding op die langtermyn.

Indien jy die een is wat gemanipuleer word, is dit nie altyd so maklik om nee te sê nie, want jy voel skuldig, bang of word geïntimideer.

Voordat jy nee kan sê moet jy eers die effek wat hierdie persoon op jou binnekant het, wegneem.

Dan is jy vry om ja of nee te sê.

Dink helder. Doen die lewe.

Coach Chris

0827891223

 

The post DOEN DIE LEWE: Manipulasie en kortpaaie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!