
Die Bainskloofpas tussen Wellington en Ceres sal na verwagting vir die res van die dag gesluit wees weens ’n bergbrand in die gebied.
Die brandweerhoof van die Kaapse Wynland-distrik, Danie Wilds, het aan Netwerk24 gesê die pas is gisteraand gesluit omdat klippe uit die berg in die pad afgerol het en omdat die brand baie naby aan die pad woed.
Die hulp van vier helikopters is ingeroep om sowat 120 brandbestryders te help om die brand onder beheer te kry.
Wilds sê eiendomme op plase buite Wellington is laasnag bedreig en die lugmag se hulp is ingeroep.
The post Bainskloofpas gesluit weens bergbrand appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.