![EFF KAN METSIMAHOLO MUNISIPALITEIT OORNEEM](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-109-150x150.png)
Die EFF sê hy het ‘n ooreenkoms met die DA bereik wat beteken dat die party
die Metsimaholo munisipaliteit op Sasolburg in die Vrystaat kan oorneem.
Die DA het vroeër ‘n mosie van wantroue in die burgemeester Sello Hlasa gebring, maar dit intussen teruggetrek.
Die leier van die EFF, Julius Malema, sê sy party moet in die week se tussenverkiesing wyk 12 in Zamdela inpalm om sodoende die raad oor te neem.
Hy sê die DA steun sy party se poging.
Tydens verlede jaar se tussenverkiesing het die DA 12 setels gewen en die EFF agt, terwyl die ANC 19 setels gewen het.
Een van die raadslede het later bedank.
The post EFF KAN METSIMAHOLO MUNISIPALITEIT OORNEEM appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.