
Die parlementêre ad hoc-komitee wat die SAUK-raad ondersoek het ’n voorval waarin ‘n joernalis van die SAUK, Suna Venter, met ’n windbuks in die gesig geskiet is nadat sy ’n geskrewe voorlegging aan die komitee gelewer het, ten sterktste veroordeel.
Die voorsitter, Vincent Smith, is versoek om die saak na die minister van Polisie, Nathi Nhleko, te verwys.
Die voorval het op 15 November op ’n parkeerterrein plaasgevind.
Die polisie vermoed dat dit verband hou met die dreigemente wat die joernaliste wat die SAUK se omstrede redaksionele beleid bevraagteken het – die sogenaamde SAUK-8 — vroeër ontvang het.
The post SUNA VENTER MET WINDBUKS IN DIE GESIG GESKIET appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.