Daar word verwag dat die Reserwebank môre rentekoerse onveranderd gaan laat.
Dit beteken die repokoers sal op 7% bly en banke se prima koers op 10,5%.
Ekonome wat aan ’n Reuters-opname deelgeneem het, verwag dat die repokoers onveranderd gaan bly en die meeste verwag ook dat dit vir die res van die jaar dieselfde gaan bly.
‘n Ekonoom van KPMG Suid-Afrika, Maura Feddersen, het aan Netwerk24 gesê daar is drie belangrike faktore wat die Reserwebank se besluit gaan beïnvloed – inflasie, wat in Desember die hoogste vlak in tien maande bereik het, die impak van die droogte wat nog gevoel word en hoë voedselpryse.
The post GEEN STYGING IN RENTEKOERSE WORD VERWAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.