![MAN DOODGESKIET TOE HY GESIN BESKERM](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Gun-13-150x150.jpg)
ʼn 47-Jarige man, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is gisteraand by sy huis in Faerie Glen, in die ooste van Pretoria, doodgeskiet toe hy sy gesin teen inbrekers beskerm het.
Die polisie se kaptein Ilze Jones sê vier mans het na bewering toegang tot die huis verkry en die oorledene se vrou in die sitkamer oorval.
Die man het haar te hulp gesnel en die inbrekers verjaag, maar een van hulle het twee skote na die man gevuur toe hulle op vlug geslaan het en hom noodlottig gewond.
The post MAN DOODGESKIET TOE HY GESIN BESKERM appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.