![Rosestad 100.6 Nuus DONDERSTORMS VIR VRYSTAAT VOORSPEL](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-DONDERSTORMS-VIR-VRYSTAAT-VOORSPEL-150x150.jpg)
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku teen hewige donderstorms vandag in die suidwestelike dele van die Vrystaat, die noordelike binneland van die Oos-Kaap en die suidoostelike dele van die Noord-Kaap.
Die Vrystaat sal gedeeltelik bewolk en warm wees met enkele buie en donderbuie in die sentrale dele maar verspreid in die suid-weste.
Bloemfontein sal gedeeltelik bewolk wees met enkele buie en donderbuie.
Intussen is nog ‘n waarskuwing uitgereik oor uiters hoë brandgevaartoestande van die Wes-Kaap wat die afgelope tyd deur talle veldbrande geteister is.
Volgens die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit van die Kaapse stadsraad, JP Smith, het meer as 600 veldbrande sedert ‘n week gelede in die gebied voorgekom.
The post DONDERSTORMS VIR VRYSTAAT VOORSPEL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.