Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

DUISENDE LEERLINGE MOET NOG IN SKOLE GEPLAAS WORD

$
0
0
DUISENDE LEERLINGE MOET NOG IN SKOLE GEPLAAS WORD

Met die nuwe skooljaar wat môre begin, is daar nog 58 000 graad een en
graad agt-leerlinge in Gauteng wat wag om by skole geplaas te word.

Die woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Oupa Bodibe, sê daar gaan nog probeer word om soveel moontlik leerlinge in skole te plaas.

Die afsnydatum vir ouers om aansoek te doen vir kinders om by skole geplaas te word was 1 Junie 2016.

Volgens Bodibe sal die kinders van ouers wat eers vanjaar aansoek gedoen het, moontlik eers teen Maart vanjaar ’n plek in ’n skool kry.

Honderde leerlinge in die Noord-Kaap is intussen weens die beperkte ruimte in skole nie vir die 2017 akademiese jaar ingeskryf nie.

‘n Groot aantal ouers en leerders het by skole begin toustaan voor Woensdag se opening van die skole landwyd.

Die Departement van Onderwys sê hulle het maatreëls getref om seker te maak dat alle leerders in skole geplaas word.

Die LUR vir Onderwys, Martha Bartlett, sê hulle het die leerders reeds verlede jaar al geplaas, maar sy het daarop gewys dat dit nie net die Noord-Kaapse kinders is wat na hulle skole toe gaan nie.

Bartlett sê baiekeer verhuis mense van ander plekke na die provinsie en hulle bring hulle kinders saam.

Sy sê daar is wel klasse wat wel lyk of hulle oorvol is, maar hulle het verlede jaar mobiele klaskamers verskaf en sal weer aandag daaraan gee.

The post DUISENDE LEERLINGE MOET NOG IN SKOLE GEPLAAS WORD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!