Die Valke het ‘n verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n DA-raadslid van Daniëlskuil in die Noord-Kaap, Hannes Baatjies.
Hy is Donderdag by Groenwater naby die dorp dood aangetref met twee skietwonde in die kop nadat hy en ‘n sakevennoot vermoedelik in ‘n lokval gelei is.
Die vennoot is ook geskiet en is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.
Die Valke se wordvoerder, brig. Hangwani Mulaudzi, sê die verdagte is Vrydag gearresteer en sal vandag in die Postmasburg-landdroshof op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn.
The post DA-RAADSLID VERMOOR: VERDAGTE GEARRESTEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.