![REGTER MOTATA: ONDERSOEK GAAN VOORT](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-282-150x150.jpg)
Regter Nkola Motata van die hooggeregshof in Pretoria, wat nou byna tien jaar lank met spesiale verlof is, kon nie met sy nuutste hofaansoek die geregtelike gedragstribunaal wat hom moet ondersoek, uit die pad kry nie.
Die tribunaal se ondersoek kan dus uiteindelik voortgaan.
Motata was op 6 Januarie 2007 in ’n motorbotsing waarna hy skuldig bevind is aan dronkbestuur en is ’n vonnis van 12 maande tronkstraf of ’n R20 000 boete opgelê.
Daarna het hy vergeefs teen sy skuldigbevinding en vonnis geappelleer en is sedert 15 Januarie 2007 op spesiale verlof en ontvang nog sy groot salaris.
The post REGTER MOTATA: ONDERSOEK GAAN VOORT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.