Die nuwe Openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het ’n strafregtelike klag teen die voormalige OB, Thuli Madonsela, ingedien.
Volgens die Sunday Times is dit glo op aandrang van president Jacob Zuma.
Mkhwebane het gister aan die koerant gesê sy het twee weke gelede die saak by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria aanhangig gemaak.
Dit is in verband met die uitlek van ’n bandopname van ’n onderhoud tussen Madonsela en Zuma wat deel uitgemaak het van haar ondersoek na staatskaping.
The post NUWE OB DIEN IN KLAG TEEN MADONSELA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.