Vyf verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn man ten aanskoue van sy vriendin in Broederstroom in Noordwes doodgeskiet is.
Die polisie se adjudant-offisier Mpeile Talane sê die paartjie is Woensdagaand in hul motor naby die Lanseria T-aansluiting in Broederstroom deur vyf gewapende mans in ‘n Toyota Quantum oorval.
Die mans het die paartjie beroof voordat hulle die man doodgeskiet en met die motor gevlug het.
Die verdagtes is in Atteridgeville, wes van Pretoria, in hegtenis geneem en beslag is gelê op drie vuurwapens.
The post MAN DOODGESKIET TYDENS KAPING appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.