‘n Donker vooruitsig staar agt Vrystaatse munisipaliteite in die gesig met Eskom wat hul kragtoevoer vroeg in die nuwe jaar gaan ontkoppel as die kragvoorsiener nie agterstallige geld betaal word nie.
Netwerk24 berig die agt ANC-beheerde munisipaliteite skuld altesaam sowat R700 miljoen aan Eskom.
Khulu Phasiwe, Eskom se nasionale woordvoerder, het bevestig die agt munisipaliteite wat geraak word is: Nala (Bothaville en Wesselsbron); Nketoana (Reitz, Lindley en Petrus Steyn); Dihlabeng (Bethlehem, Fateng-Tse-Ntsho, Paul Roux en Fouriesburg); Moqhaka (Steynsrus, Kroonstad en Viljoenskroon; Mantsopa (Ladybrand, Excelsior, Tweespruit, en Dawiesville); Mafube (Villiers, Tweeling, Frankfort en Cornelia); Masilonyana (Winburg, Brandfort, Theunissen en Verkeerdevlei) en Tokologo (Dealesville, Seretse, Boshof en Hertzogville).
Eskom gee die munisipaliteite tot 22 Desember kans om hul skuld te vereffen.
The post 8 MUNISIPALITEITE IN VS SKULD ESKOM MILJOENE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.