Die sakeregte-waghond AfriSake gaan vanmiddag ’n aansoek om ’n interdik by die hooggeregshof in Pretoria indien om Julius Malema en die EFF te verbied om mense aan te hits om grond te beset.
AfriSake sê in ’n verklaring dit is omdat Malema steeds voortgaan om mense aan te hits om grond te beset, ondanks sy onlangse hofverskynings in Newcastle en Bloemfontein en talle strafregtelike klagte wat al teen hom ingedien is.
Die aansoek, indien dit toegestaan word deur die hof, sal beteken dat die EFF-leier weens minagting van die hof aangekla en vervolg kan word indien hy weer oortree.
The post AANSOEK TEEN MALEMA DEUR AFRISAKE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.