Die Tshwane-munisipaliteit in Pretoria sê hy het aan die vereistes vir waterbesparing voldoen en het dit met 0,8% oortref.
Die metro is versoek om waterverbruik met 15% te verminder.
Die DA burgemeester, Solly Msimanga sê 40 mense is reeds boetes opgelê omdat hulle waterbeperkings willens en wetens verontagsaam het.
Dit blyk intussen dat die besluit om waterverskaffing uit die Vaalrivierstelsel met 15% te beperk, ‘n ernstige impak op besproeiingsboere in die Noord-Kaap het.
Volgens die adjunkpresident van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, sal die streng waterbeperkings kleiner oeste tot gevolg hê.
The post VEREISTES VIR WATERBESPARING MET 0,8% OORTREF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.