Die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump en Rusland se president Vladimir Putin gaan probeer om betrekkinge tussen dié twee lande te normaliseer.
Die Kremlin het ná ‘n telefoongesprek tussen die twee leiers in ‘n verklaring gesê hulle het Sirië onder meer bespreek.
Hulle is dit eens dat die huidige betrkkinge tussen Amerika en Rusland uiters onbevredigend is.
Putin het Trump ook voorspoed toegewens met die implementering van sy verkiesingsprogram.
The post TRUMP, PUTIN WIL BETREKKINGE TUSSEN LANDE NORMALISEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.