Die Afrikanerbond het die EFF-leier, Julius Malema, daarvan beskuldig dat hy
‘n gevaarlike vendetta teen witmense koester wat ‘n bedreiging inhou vir staatsveiligheid.
Die voorsitter van die Afrikanerbond, Jan Bosman, sê Malema ondermyn grondwetlike waardes en sy opmerkings bedreig persoonlike veiligheid en sekuriteit.
Malema het in die landdroshof in Bloemfontein verskyn omdat hy na bewering van sy ondersteuners aangemoedig het om ongebruikte grond te beset.
Hy het ná sy hofverskyning aan ondersteuners gesê Afrikaners behoort tot hulle voorvaders te bid dat die EFF nie aan bewind kom nie.
Bosman het ook die EFF die skuld gegee vir die FeesMustFall-onrus op universiteitskampusse.
The post AFRIKANERBOND TEEN JULIUS MALEMA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.