Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Aktivis kon nie eie wêreldrekord vir biltong eet verbeter nie

$
0
0

Die plaaslike vigs- en diereaktivis André van Zijl kon nie daarin slaag om sy eie wêreldrekord vir biltong eet te verbeter nie.

Van Zijl, wat volgens hom twee jaar gelede die wêreldrekord vir biltong eet in Kimberley opgestel het deur 700g biltong in 35 minute te verorber, wou sy eie rekord verbeter deur ’n volle 1 kg biltong in dieselfde tyd te eet.

Hy kon egter net 674 g geëet kry.

Van Zijl het sodoende gepoog om geld vir vier liefdadigheidsorganisasies in Kimberley in te samel.

Volgens die 66-jarige rekordhouer spog hy met 51 wêreldrekords wat erken en aangeteken is.

Dit sluit volgens sy amptelike webwerf die wêreldrekords in vir die verste afstand op rolskaatse afgelê (1 000 myl tussen Kaapstad en Johannesburg in 19 dae in 1969), vir ononderbroke sang (hy het in 1972 vir 28,5 uur sonder ophou gesing) en vir die meeste koppies koffie in vier uur gedrink (221 koppies).

The post Aktivis kon nie eie wêreldrekord vir biltong eet verbeter nie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!