Die ikoniese musikant Nico Carstens, wat veral vir sy vernuf met die trekklavier bekend is, is gisteraand oorlede.
Die basspeler Schalk Joubert het Dinsdagaand op sy Facebook-blad die aankondiging gemaak.
Netwerk24 berig Carstens het op 10 Februarie vanjaar 90 jaar oud geword.
Hy het in sy loopbaan sowat 2 000 oorspronklike musiekstukke gekomponeer en meer as 90 albums uitgereik en meer as 2 miljoen kopieë verkoop.
Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.
The post AKKORDEON-LEGENDE NICO CARSTENS IS OORLEDE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.