‘n Wildboer van Hoopstad is van alle skuld vrygespreek na beserings wat ’ n meisie gekry het toe ’n Asiese swartbeer haar met sy poot nader getrek het.
Die appèluitspraak in die hof het bevind Shorty Du Randt nie vir die beserings verantwoordelik gehou kan word nie.
Die meisie se pa, Christiaan van der Watt van Dealesville, het R200 000 van Shorty du Randt geëis vir die beserings wat sy dogter, Charina, opgedoen het.
Netwerk24 berig Du Randt het geappelleer teen ’n uitspraak in die Bloemfonteinse streekhof op die meriete van die eis waarin hy verantwoordelik vir haar beserings gehou is.
The post WILDBOER VAN ALLE SKULD ONTHEF VIR MEISIE SE BESERINGS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.