
Die bestuurder wat in ‘n gehuurde vragmotor in New York voetgangers en
fietsryers omgery op ‘n fietsrypad langs die Hudson-rivier, se identiteit is
bekendgemaak.
Hy is die 29-jarige Sayfullo Saipov.
Agt mense is dood en sowat ‘n dosyn beseer.
Die polisie van die Amerikaanse stad het Saipov gewond en in hegtenis geneem nadat hy teen ‘n skoolbus vasgery het.
Hy het ‘n nota op die toneel gelaat waarin na die terreurgroep Islamitiese Staat verwys word.
The post 8 sterf toe vragmotor voetgangers, fietsryers omry appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.