
Finansminister Malusi Gigaba sê Eskom kan nie sy aansoek vir ‘n kragtarief-verhoging van 19,9% regverdig nie.
Hy het aan die Durbanse Kamer van Handel en Nywerheid gesê Suid-Afrikaners behoort nie gevra te word om meer te betaal terwyl die ekonomie gedemp is en Eskom finansiële en leierskaps-uitdagings ondervind nie.
Die energiereguleerder, Nersa, hou tans openbare verhore oor die aansoek.
The post “Eskom kan nie tariefverhoging regverdig nie” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.