
Die Suid-Afrikaanse kampioen-atleet Wayde van Niekerk het ‘n knie-operasie
ondergaan in Colorado, Amerika, en sal vir ‘n geraamde ses maande buite aksie wees.
Dit beteken hy sal volgende jaar se Statebondspele in Australië misloop waar
hy aan die 100- en die 200 meter wou deelneem.
Van Niekerk het die besering verlede maand opgedoen tydens ‘n raakrugbywedstryd saam met bekendes voor die toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Kaapstad.
Die operasie is gedoen tydens sy wittebrood nadat hy en Chesley Campbell die afgelope naweek in Bloemfontein getroud is.
The post Wayde gaan die Statebondspele misloop na knie-operasie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.