
Suid-Afrika is die voorkeur-bieër om aangewys te word as gasheerland vir 2023 se Wêreldbekertoernooi.
Wêreldrugby se onafhanklike bodevalueringskomitee beveel Suid-Afrika se bod aan bo dié van Frankryk en Ierland as die beste om te voldoen aan die kriteria vir ‘n geslaagde, winsgewende toernooi.
Die liggaam se 39 raadslede gaan nou op 15 November stem oor die aanbeveling en net ‘n eenvoudige meerderheid is nodig om die gasheer te bepaal.
Daar word verwag dat die voorkeurkandidaat ook die uiteindelike wenner sal wees.
The post Goeie nuus vir Suid-Afrika se rugbyondersteuners appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.