
Die Universiteit van die Witwatersrand se nuwe studenteraad sê hulle sal nié
aan enige betogings teen klasgeldverhogings deelneem voordat hulle die saak eers met die studente bespreek het nie.
Die nuwe president van die studenteraad, Orediretse Masebe, sê hoewel hulle simpatie het met hul medestudente aan die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van die Vrystaat, sal hulle nie betoog voordat hulle ‘n massavergadering gehou het nie.
Masebe sê hulle wil deeglik met al die studente en studente-organisasie aan Wits beraadslaag.
The post Wits se studenteraad soek massavergadering oor klasgeld appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.