
Die bestuur van die SAUK en die nuut-aangestelde raad sê hulle is bereid om
met vakbonde en personeel te onderhandel om ‘n dreigende staking te verhoed.
Dit volg nadat die vakbonde, die CWU en Bemawu, ‘n kennisgewing aan die SAUK gestuur het oor personeel se voorneme om Donderdag te begin staak.
Bemawu sê meer as 80% van sy lede by die openbare uitsaaier is ten gunste van die staking om onder meer ‘n salarisverhoging te eis.
Die vakbond sê werkers wat nie aan ‘n vakbond behoort nie, kan ook aan die staking deelneem.
‘n Woordvoerder van die SAUK, Kaizer Kganyago, sê hoewel werkers ‘n reg het om te staak, is die nuwe raad nog slegs ‘n week lank aan die werk.
Hy sê die raad het beloof om op 1 November terugvoer aan werkers te gee, maar dat die kennisgewing van die staking nou reeds voor dié datum uitgereik is.
The post SAUK: Lede gaan staak oor salarisverhoging appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.