
Skaars ‘n dag nadat Swart Maandag landwyd deur boere gehuldig is om
bewustheid oor plaasmoorde en plaasaanvalle te kweek, is nog ‘n boer in die
Vrystaat vermoor.
Netwerk24 berig Barry Baard, wat tussen Ficksburg en Rosendal geboer het, is vanoggend in sy huis dood aangetref.
Hy is doodgeskiet en wapens uit sy kluis gebuit.
Dit volg nadat die seun van die oud-Shimla en Vrystaat-speler en professor aan die Universiteit van die Vrystaat, Basie Verster, ook gisteraand vermoor is in ‘n huisroof in Stellenbosch.
Netwerk24 berig Pieter Verster is verskeie kere met ‘n mes gesteek toe hy sy vrou, Adele, en hul twee kinders teen die huisrowers probeer beskerm het.
Verster is die broerskind van Harold Verster, besturende direkteur van die Cheetahs-maatskappy.
The post Nog ‘n boer in die Vrystaat vermoor appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.