
‘n Boer is vandag in KwaZulu-Natal vermoor te midde van landwye betogings teen plaasaanvalle.
Die aanvaller is ook dood nadat lede van die gemeenskap hom aangerand het na die moord op Bokkie Potgieter van Gluckstad naby Vryheid.
Hy was in sy sewentigs.
Drie mense is intussen beseer toe ‘n vragmotorbestuurder naby Middelburg in Mpumalanga vasgery het teen ‘n stilstaande motorkonvooi van mense wat teen plaasaanvalle betoog het.
Volgens die nooddiens ER24 is twee van die drie ernstig beseer en die derde minder ernstig.
The post Boer vermoor tydens optog oor plaasaanvalle appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.