
‘n Geheue-stokkie met sensitiewe sekerheidsinligting van die lughawe Heathrow is in ‘n straat in Londen gevind.
Dit sluit besonderhede in oor koningin Elizabeth se roete na die lughawe.
Altesaam 76 lêers op die toestel bevat kaarte en vertroulike dokumente, asook ‘n rooster van sekerheidspatrollies wat teen terreuraanvalle waak en die soort identiteitsdokumente wat nodig is vir toegang tot beperkte gebiede.
Die lughawe het begin met ‘n interne ondersoek.
The post Geheue-stokkie met sensitiewe sekerheidsinligting in Londense straat gevind appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.