
Die Oppenheimer-familie het hulle hofstryd gewen om ‘n privaat internasionale terminaal op die OR Tambo-lughawe in Gauteng te bedryf nadat hulle Finansminister Malusi Gigaba daarvan beskuldig het dat hy sy goedkeuring teruggetrek het onder druk van die Guptas.
Die familie se lugvaartmaatskappy, Fireblade, het in die Hooggeregshof in Pretoria betoog dat Gigaba in Januarie verlede jaar goedkeuring verleen het en nie sonder goeie rede toegelaat kan word om dit terug te trek nie.
Hy was destyds by Binnelandse Sake.
The post Oppenheimer-familie wen hofstryd appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.