
Oudpresident Kgalema Motlanthe is nie van plan om in Desember die ANC se
nasionale verkiesingskonferensie by te woon nie omdat hy die proses as uiters
gebrekkig beskou.
Hy verwys na beweerde manipulasie en inmenging.
Motlanthe meen dat 90% van al die afgevaardigdes behoort te bestaan uit diegene wat op takvlak verkies is.
Hy vrees egter dat afgevaardigdes deur leiers met die hand uitgekies is volgens hulle vermeende steun vir kandidate.
The post Oudpresident Motlanthe gaan nie verkiesingskonferensie bywoon nie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.