Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Bfn in rep en roer met optog teen plaasmoorde

$
0
0
Bfn in rep en roer met optog teen plaasmoorde

Die N1 buite Bloemfontein is in rep en roer met die optog teen plaas-aanvalle
en plaasmoorde wat tans deur honderde motoriste meegemaak word.

Berigte sowel as foto’s en video’s op sosiale media wys dat Bloemfonteiners in hul honderde opgedaag het om aan die wettige optog deel te neem.

Na verneem word beweeg die verkeer op die N1 teen ‘n stadige pas en word motoriste op die pad versoek om geduldig te wees.

Die roete vanaf die Windmill Casino tot by Langenhovenpark word ‘n paar keer herhaal en binnekort word ‘n griefskrif aan die polisie oorhandig `n Saamtrek van boere vind vandag regdeur die land plaas om klem te lê op die aanvalle op boere en plaaswerkers.

Bfn in rep en roer met optog teen plaasmoorde Bfn in rep en roer met optog teen plaasmoorde Bfn in rep en roer met optog teen plaasmoorde

Die R59-hoofweg in Vereeniging, Gauteng, word versper deur vragmotors en
motors ter ondersteuning van die Swart Maandag-veldtog teen plaasaanvalle.

‘n Konvooi beweeg intussen vanaf Stellenbosch na Kaapstad om fokus te plaas op die voortgesette aanslag op die landbougemeenskap.

Die roete is verskuif vanaf die N1 om padwerke te vermy en strek nou langs die Ou Paarlpad en Voortrekkerweg voor dit by die Kaapstad-stadion eindig.

Een van die organiseerders, Daniel Briers, het deelnemers aangesê om geen wapens saam te bring nie, maar eerder Bybels.

Boere kom ook saam by die Voortrekker-museum in Pretoria.

 

The post Bfn in rep en roer met optog teen plaasmoorde appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!