
Die Mededingingskommissie se volgende openbare verhore in die ondersoek
na die kruideniersware-kleinhandelmark begin vandag in Pretoria.
Die kommissie glo aspekte van die sektor verhoed, verwring of beperk mededinging en het uiteindelik ‘n negatiewe invloed op verbruikers en huishoudings.
Daar sal ook gefokus word op die invloed van nasionale supermarkkettings wat kleiner gemeenskappe binnedring, sowel as die informele ekonomie.
The post Kommissie begin met openbare verhore oor die kruideniersware-kleinhandelmark appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.