
Optogte landwyd het pas begin in protes teen plaas-aanvalle en plaasmoorde.
’n Groot aantal boere en inwoners van Bloemfontein en omgewing neem vanoggend in die Rosestad aan ‘n wettige optog deel.
Netwerk24 berig deelnemers het vroeg vanoggend by die vulstasie by die Windmill-casino met swart klere en wit kruise begin saamtrek.
Daar gaan nou vir boere gebid word waarna die optog met polisiebegeleiding sal vertrek.
Die roete is op die N1 op pad na Johannesburg, waar dan by die Langenhovenpark-afrit teruggedraai word.
Die roete sal ’n paar keer herhaal word waarna ‘n griefskrif aan die polisie oorhandig sal word.
`n Saamtrek van boere vind vandag ook by Klapmuts naby Stellenbosch in die Wes-Kaap plaas om klem te lê op die aanvalle op boere en plaaswerkers.
The post Boere en meer staan saam teen plaasaanvalle appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.