
Die DA het `n beroep op die ANC in Gauteng gedoen om een van sy
burgemeesters af te dank oor aantygings dat hy betrokke sou wees by die
voorbereiding vir seksuele misbruik van `n 14-jarige meisie.
Die polisie het bevestig dat hulle die saak ondersoek, maar die burgermeester moet nog strafregtelik aangekla word.
`n Whatsapp-greep wys waar die man `n foto van die halfnaakte meisie op `n ANC-groep geplaas het.
Sy nommer en naam is op die greep sigbaar.
`n DA-lid in die Gautengse wetgewer, Kingsol Chabalala het dit as wreed bestempel en sê die burgemeester is `n skande vir sy amp.
The post Gauteng: DA vra ANC om burgemeester af te dank appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.