
Die Bloemfonteinse wêreldkampioen en wêreldrekordhouer in die 400 m,
Wayde van Niekerk, se atletiek-loopbaan is na bewering in die weegskaal nadat hy onlangs ‘n beenbesering in ‘n sewes-vertoonwedstryd in die Kaap opgedoen het.
Rosestad Nuus het betroubaar verneem dat Van Niekerk so gou moontlik geopereer moet word om die besering teen te werk en dat dit onseker is of hy daarna sy loopbaan as wêreldbekende atleet sal kan voortsit.
Van Niekerk het die afgelope naweek in groot geheimhouding ewige trou aan Chesney Campbell in die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin buite Bloemfontein beloof.
Die glanspaartjie se troue sou aanvanklik eers oor ‘n paar maande plaasgevind het, wat gerugte verder laat opvlam dat hy so gou moontlik geopereer moet word.
The post Wayde kort glo operasie weens beenbesering appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.