
Die Pan-Afrikaanse Kongres is een van talle partye wat die vonnisse in die doodskis-aanrandingsaak verwelkom.
Willem Oosthuizen en Theo Jackson is onderskeidelik tot elf en veertien jaar tronkstraf gevonnis tydens ʼn hooggeregshofsitting in Middelburg Mpumalanga.
Hulle het verlede jaar die voorblaaie gehaal nadat hulle Victor Mlotshwa in ʼn doodskis ingedwing en gedreig het om hom aan die brand te steek.
Die PAC hoop die vonnisse stuur ʼn boodskap aan alle rassiste.
The post Doodskis-saak: Talle partye steun die vonnisse appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.