
Die beskuldigdes in die doodskis-saga, Willem Oosthuizen en Theo Jackson, is
vandag in Middelburg, Mpumalanga, tot onderskeidelik 11 jaar en 14 jaar
tronkstraf gevonnis.
Die twee mans het verlede jaar die hoofopskrifte gehaal toe ‘n video aan die lig gekom het waarin hulle Victor Mlotshwa in ‘n kis gedwing en gedreig het om hom aan die brand te steek.
Hulle is in Augustus skuldig bevind aan poging tot moord, aanranding en ontvoering.
Regter Sheila Mphahlele het gesê die beskuldigdes se optrede was onmenslik en walglik.
The post Doodskis-saak: Beskuldigdes kry hulle tronkstraf appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.