
Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price, sê klasse by die universiteit is vandag opgeskort weens die voortslepende studentebetogings.
Die studente betoog onder meer teen ‘n verhoging in klasgeld.
Price sê studente het lesings ontwrig deur brandalarms te aktiveer.
Hy sê die veiligheid van studente en personeel kan onder sulke omstandighede nie gewaarborg word nie.
Price sê universiteitspersoneel is aangeraai om die aanlyndiens te gebruik vir hulle studente totdat die situasie verbeter.
The post Studentebetogings by Universiteit van Kaapstad appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.