
Erge verkeerontwrigtings kom vanoggend op twee van die vernaamste hoofweë in Gauteng voor.
Die R24 en R21 in die omgewing van die OR Tambo-lughawe word geraak.
Die R24 is sedert 3-uur vanoggend by Barabaweg in albei rigtings gesluit.
Die bestuurders van meter- en Uber-taxi’s het hul voertuie op die hoofweë gelaat.
Verskeie vragmotors staan ook op die pad nadat bestuurders uit
vrees vir hul veiligheid gevlug het.
Dit is in die stadium nog onseker wat die motief vir die padversperrings is.
Die Ekhurhuleni Metropolisie is op die toneel.
The post Verkeerontwrigtings op hoofweë in Gauteng appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.