Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Damvlakke: “Reën het geen verskil gemaak nie”

$
0
0

Die Mangaung-metro in Bloemfontein se damme het nou gemiddeld net 36,3% water, terwyl die damvlakgemiddelde vir die Vrystaat op 73,6% staan.

Netwerk24 berig volgens dr. Tseliso Ntili, Vrystaatse hoof van die departement van water en sanitasie, staan die Rustfonteindam se vlak op ’n lae 36,3% en die Groothoekdam by Thaba Nchu op slegs 15,4%.

Ntili sê dat die afgelope ruk se reën geen verskil gemaak het nie en dat vlak 3-waterbeperkings steeds in Mangaung geld.

Die Knellpoortdam staan tans op 41,1% teenoor verlede jaar se 36%.

Die Krugersdriftdam by Bloemfontein staan nou op 23,6%, teenoor verlede jaar se 20,1%.

Die Tierpoortdam (2,1%), Gariepdam (61,7%) en die Allemanskraaldam (38,9%) is die ander vernaamste Vrystaatse damme wat swaarkry.

The post Damvlakke: “Reën het geen verskil gemaak nie” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!