
Die Hollywood-akteur George Clooney het byna R14 miljoen geskenk om oorlogsmisdade en korrupsie in Afrika teen te werk.
Die Clooney-stigting vir geregtigheid het die geld gegee aan Sentry, waarvan die akteur medestigter is en wat daarop gemik is om die finansiële netwerke agter konflikte op die vasteland te ontmasker.
Clooney se bydrae en dié van ander soos die akteur Don Cheadle is meer as R48 miljoen werd.
The post George Clooney skenk miljoene aan Sentry appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.