
Drie verdagtes is in hegtenis geneem ná ‘n mislukte plaasaanval op Roossenekal naby Groblersdal in Limpopo.
Ses mans het glo die plaashuis bestorm en skote afgevuur, waarna hulle gevlug het.
Niemand is beseer nie en niks is geroof nie.
Die polisie het op ‘n vuurwapen en ammunisie beslag gelê tydens die drie se
inhegtenisneming.
Nog drie mans is op vrye voet.
The post 3 vas ná mislukte plaasaanval appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.