
Die SAKP gaan na verwagting vandag te staan kom teen President Jacob
Zuma by ‘n vergadering van die Alliansie Politiekeraad wat in Johannesburg
plaasvind.
Dit is die eerste keer dat die betrokke leiers met mekaar te doen sal kry sedert die president sy kabinet verlede Dinsdag geskommel en van Blade Nzimande as minister van Hoër Onderwys en Opleiding ontslae geraak het.
Die SAKP beskou dit as ‘n aanval op die party.
Die tweede adjunk hoofsekretaris van die SAKP, Solly Mapaila, sê Nzimande se afdanking is hoog op hulle agenda.
The post SAKP staan teen Zuma by vergadering appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.