
Die Amerikaanse klavierspeler, liedjieskrywer en sanger Fats Domino is oorlede in sy huis in New Orleans waar hy sy lewe lank gewoon het.
Hy was 89.
Domino was in die vyftigs van die gewildste sangers ter wêreld en is geloof vir die invloed wat hy gehad het op stersangers soos Elvis Presley, Bob Marley en veral die Beatles, wat sy musiek hulle eerste ondervinding met rock genoem het.
Hy het die afgelope dekade min in die openbaar verskyn.
The post Fats Domino sterf op 89 appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.