
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Suid-Afrika en agt ander lande gewaarsku dat builepes of die sogenaamde swartdood kan uitbreek.
Die ander is die Comoro-eilande, die Seychelles, Mauritius, Ethiopië, Kenia, Mosambiek en Tanzanië.
Die WGO sê Suid-Afrika verkeer in gevaar weens sy handels- en reisbande met Madagaskar, waar die siekte reeds 124 lewens geëis en meer as ‘n duisend mense besmet het.
The post WGO waarsku SA teen moontlike uitbraak van builepes appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.