
Die DA het president Jacob Zuma se advokaat geroskam omdat hy op die laaste nippertjie ‘n deel van sy voorlegging in die staatskapingsaak in die Pretoriase Hooggeregshof laat vaar het.
Ishmael Semenya het vroeër geëeis dat die saak terugverwys word vir verdere ondersoek.
Zuma het die hof gevra vir ‘n regshersiening van die gewese Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, se bevindings in haar staatskapingsverslag.
Die opposisie beskryf die hofproses as ‘n siniese vermorsing van tyd en vra dringende stappe teen mense betrokke by staatskaping, insluitend strafregtelik en siviele optrede.
The post DA vaar uit teen Zuma se onverwagte ommeswaai in die hof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.